Weke nadat Amerika Afrikaners genooi het om vlugtelinge daar te word, het hul departement van Buitelandse sake se Buro vir bevolking, vlugtelinge en migrasie befondsing aan Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies afgesny.

Die Amerikaanse president Donald Trump het kort nadat hy in Januarie sy amp beklee het, ‘n 90-dae wagtydperk oor buitelandse hulp in plek gestel.

’n Maand later, en ten spyte van hangende litigasie, het die Trump-administrasie begin om die meeste Amerikaanse buitelandse hulpkontrakte en toelaes te beëindig.

Organisasies in Suid-Afrika wat dienste lewer om vlugtelinge en asielsoekers by te staan wat na die suidpunt van Afrika gemigreer het, is nie gespaar nie.

error: Inhoud is beskerm !!