‘n Amerikaanse toeris is in die gesig geskiet toe hy, weens swaar verkeer in Kaapstad, ‘n kortpad deur Nyanga gekies het.
Hy was van die lughawe na sy verblyfplek in Simonstad op pad.
Die 55-jarige Walter Fischel, van die deelstaat Connecticut, is in die kakebeen getref, en het die koeël later saam met van sy tande uit sy mond gespoeg.
Ná ‘n operasie van vyf ure by die Rondebosch-mediesesentrum, het dokters gesê dit is ‘n wonderwerk dat hy leef.
Fischel, wie al baie na Afrika gereis het, sê hy weet nie of hy weer hierheen sal kom nie.
Die vier verdagtes het met sy huurmotor van die toneel gevlug.
Die polisie in Nyanga ondersoek ‘n saak van poging tot moord, asook roof met ‘n vuurwapen.