Tientalle pro-Palestynse betogers is by Yale-universiteit in die Amerikaanse staat Connecticut in hegtenis geneem te midde van protesaksie teen die oorlog in Gaza. CNN berig ook klasse op die kampus is opgeskort en met aanlyn-onderrig vervang.
Honderde studente betoog sedert Vrydag op die kampus en het paaie in die gebied versper. Hulle dring daarop aan dat die universiteit sy beleggings in militêre wapenvervaardigers onttrek. SABC-news berig die polisie in New York het verlede week meer as 100 betogers op die kampus van nog ‘n top universiteit, Columbia, in hegtenis geneem en hul tente verwyder.