‘n Amerikaanse burger wie in hegtenis geneem is nadat owerhede op 26 renosterkarkasse en ‘n aantal ongemerkte renosterhorings op sy wildplaas afgekom het, is op borgtog vrygelaat.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het die vermeende oortreder, Derek Lewitton, gister vir ‘n formele borgtogaansoek in die Namakgale-landdroshof in Limpopo verskyn.

Die staat het nie die aansoek teengestaan nie, aangesien Lewitton se wettige status in Suid-Afrika, asook sy huwelikstatus en woonadres deur die staat bevestig kon word.

Die borgtogbedrag is op ‘n stewige bedrag van R100 000 vasgestel. Hy moet in Maartmaand terug in die hof wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×