Amnestie Internasionaal, of AI, sê Suid-Afrika boer agteruit. Volgens die AI se jaarlikse verslag oor die stand van menseregte wêreldwyd, is veilige en skoon drinkwater een van vele kritieke uitdagings wat die land het.
Die 2023/2024 verslag skets ‘n donker prentjie wat betref die voortdurende uitdagings van Suid-Afrika.
Luidens die verslag wroeg die land steeds met die ontkenning van basiese menseregte ondanks seges teen apartheid.
Netwerk 24 berig die verslag het 155 lande, insluitend Suid-Afrika ontleed. Volgens die verslag ontneem voorvalle van geslagsgeweld, die hoë vlakke van ongeletterdheid, en die moordsyfer wat skokkend hoog is, mense se reg tot waardigheid. Die verslag noem dat die geveg vir vryheid en menseregte in die land ver van klaar is.