Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur, is in die proses om Eskom met die onteiening van ongeveer 27 eiendomme te help.
Die eiedomme is vir oorhoofse kraglyne geoorloof en is hoofsaaklikk serwitute wat ter sprake is. Intussen sê dié departement se minister, Dean Macpherson, dat geen grond die afgelope 10 jaar in Suid-Afrika onteien is nie.
Rise Mzansi wou in die parlement weet hoeveel hektaar grond tussen 2014 en verlede jaar deur die staat onteien is en wat dit belastingbetalers gekos het.
Die kwessie van grondonteiening staan tans sentraal in die huidige diplomatieke uitval tussen Suid-Afrika en die VSA.