Anglo American Platinum (Amplats) se wins het met tot 52% gedaal ná ʼn skerp afname in die pryse van palladium en rodium.
News24 berig die maatskappy het Donderdag aangekondig sy wins in 2024 het waarskynlik tot tussen R6 miljard en byna R8 miljard gedaal, teenoor R13 miljard die vorige jaar. Verdienste is ook beïnvloed deur minder as R2 miljard se waardevermindering van bates, hoofsaaklik weens tegnologieverliese by die Mogalakwena-myn.
Anglo American het verlede Mei sy plan aangekondig om sy beheerbelang in Amplats as deel van ʼn herstruktureringsproses te verkoop.
Platinumprodusente sukkel weens lae pryse en verminderde vraag vanuit die motorbedryf.
Amplats se aandeelprys is oor die afgelope jaar meer as 14% laer.