Terwyl reën konstant sedert halfvier vanoggend onophoudelik oor Kroonstad uitsak, verneem Rosestad-nuus by monde van ‘n ingeligte bron, dat uiters hewige stortreën binne
die volgende uur hier verwag word. Nadat ongeveer 160 millimeter laat gistermiddag aangeteken is, kan nog ‘n groot neerslag selfs groter skade aan die vloedgeteisterde gebied aanrig.
Met ‘n stormwaterstelsel wat wat glo nie in ‘n toestand is om water vinnig genoeg af te voer nie, neem spanning onder inwoners toe. Derduisende mense is reeds sedert
gister se reën sonder elektrisiteit. Skole is gesluit en dieselfde geld talle paaie en duikweë in en om die dorp.
‘n Vergadering is vir negeuur vanoggend beplan. Dit sal na wat verneem word, die eerste keer wees dat amptelike planne beraam word om ‘n noodplan in plek te stel.