Die ANC sê lede wat in die Staatskapingsverslag genoem is en wat hulself nie aan die integriteitskommissie voorgelê het nie, sal na die party se Nasionale Dissiplinêre Komitee verwys word. Die party het vroeër vandag ‘n media-inligtingsessie gehou oor die uitkomste van ‘n vergadering van die Nasionale Werkkomitee.Die komitee sal dan besluit  watter stappe teen die betrokke lede geneem moet word. Die ANC sê dit is verbind tot die implementering van die Zondo-kommissie se aanbevelings as deel van sy organisatoriese vernuwing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×