Die ANC sê hy gaan nie dadelik kommentaar lewer op die onlangse omstrede uitlatings van oudpresident Jacob Zuma nie.

Die party sê hy sal eers by sy nasionale uitvoerende komitee-vergadering oor die pad vorentoe besluit.

Die vergadering word vir vroeg in Januarie beplan.

Zuma het die ANC vandeesweek wéér uitgedaag, en het herhaal dat hy nie die regerende party in volgende jaar se algemene verkiesing sal ondersteun nie, maar eerder die nuwe uMkhonto weSizwe party.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×