Die ANC beskuldig sy voormalige sekretaris-generaal, Ace Magashule, daarvan dat hy beplan om sy eie party te begin. Magashule is die afgelope week uit die ANC geskors. Hy is skuldig bevind aan die oortreding van die party se reëls en grondwet. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê Magashule probeer die party destabiliseer. Mbalula het gewaarsku dat selfs mense wat lyk of hulle magtig is terwyl hulle in die ANC is, nie daardie mag het as hulle eers buite die party is nie.