Die ANC en DA het glo uiteindelik ‘n ooreenkoms bereik oor hul betrokkenheid by die kabinet.
Dit is volgens IOL, wat berig dat die twee partye na weke se onderhandelinge, uitgelekte briewe en openbare gesprekke, glo Saterdagoggend ‘n deurbraak gemaak het, ná krisisgesprekke.
Bronne na aan die onderhandelinge het aan IOL gesê dat samesprekings verlede week in duie gestort het weens verskeie uitgelekte briewe – met albei partye wat mekaar daarvan beskuldig dat hulle in slegte trou onderhandel het, maar Saterdag se vergadering het die onderhandelinge laat herleef en ‘n ooreenkoms verhaas.
Die bronne het bevestig dat die DA beheer sal oorneem van ses sleutelkabinetsposte en -ministeries as deel van die magsdelingsreëling. Dit sluit binnelandse sake, basiese onderwys en landbou in. Verdere besonderhede oor die samestelling van die kabinet en die spesifieke planne vir elke ministerie sal na verwagting in die komende dae bekend gemaak word.