Die ANC en sy sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het bloedneus in die hof gekry oor die hantering van die kaderontplooiing-hofsaak. Die hooggeregshof in Johannesburg het albei aan minagting van die hof skuldig bevind.

Netwerk 24 berig die saak spruit uit die DA se hofstryd om al die kaderontplooiingsrekords sedert 2013 te kry toe pres Cyril Ramaphosa die voorsitter geword het. Die hof het beslis dat alle rekords oor kaderontplooiing aan die DA oorhandig moet word wat die ANC nie gedoen het nie. Sommige rekords is onwettig verander terwyl van die rekords selfs vernietig is.

Tydens gister se uitspraak is verwys na die minagtende weiering om kommunikasie en rekords in Ramaphosa se besit te oorhandig. Die ANC het 15 dae om die volledige rekords aan die DA te verskaf.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×