Dat die MK-party aan vanjaar se verkiesing mag deelneem is ‘n feit, máár of hy by magte is om die uMkhonto weSiswe-handelsmerk te gebruik, hang nog in die weegskaal van geregtigheid.
Die ANC sit na verwagting Woensdag sy stryd in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Durban voort, teen die MK-party vir beweerde kopieregskending. Die Kieshof het Dinsdag in Gauteng ten gunste van die MK-party beslis oor die geldigheid van sy registrasie vir die verkiesing.
LEES MEER: MK-party mag aan die verkiesing deelneem
Die hof sê die ANC het slegs homself te blameer, omdat hy twee geleenthede verspeel het, om appél teen die MK-party se registrasie by die OVK aan te teken.
Intussen sê die MK-party hy distansieer hom van beweerde opruiende uitlatings deur sy jeugleier, Bonginkosi Khanyile. Die jeugleier het glo met onrus gedreig, indien die hof sou beslis dat die MK-party nie aan die verkiesing mag deelneem nie.