Die regerende ANC het erken dat hy nié die doelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan teen 2030 gaan bereik nie.

Die doel van die 2030-plan is om armoede en ongelykheid uit te skakel.

Volgens die party se hoof van Ekonomiese Transformasie, Mmamoloko Kubayi, is die teikens nie haalbaar nie.

Sy sê die huidige ekonomiese uitdagings in die lig van natuurrampe, die COVID-19-panemie, die Julie 2021 onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng en die huidige oorlog in Oekraïne is van die faktore wat ‘n rol speel.

Kubayi sê verder die lae ekonomiese groeikoers oor die afgelope tien jaar bemoeilik dit verder vir die party om sy teikens teen 2030 te haal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×