Die ANC-hoofsweep, Pemmy Majodina, het die leier van die DA, John Steenhuisen, daarvan beskuldig dat hy die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, beledig het. Die DA-parlementslede het Donderdag ná hewige argumente met die speaker uit die debat oor die aanstelling van die nuwe Openbare Beskermer gestap. Steenhuisen het gesê Mapisa-Nqakula is oneerlik en ’n leuenaar. Majodina sê sy sal Steenhuisen vir die stellings by die parlement se magte- en voorregtekomitee aanmeld.
