Die regerende ANC, en die nuut gestigte MK-party pak mekaar vandag in die hof. Die ANC betwis die registrasie van die MK-party onder die naam van die ANC se eertydse
gewapende vleuel, uMkhonto weSizwe.
Die regerende party betwis ook die registrasie van MK om in vanjaar se verkiesing mee te ding. Leiers van die MK-party dreig glo met geweldpleging, as hulle party se naam nié op die stembrief verskyn nie. Indien dit die geval sou wees, sê die party sy optrede sal verseker dat daar geen verkiesing is nie.
Intussen is die MK-party, na aanleiding van onlangse verkiesingspeilings, daarvan oortuig dat hy uitstekend by die stembus sal vaar, aangesien die party glo groot aanhang geniet.
1 Comment
Comments are closed.