ANC in twee verdeel oor die nuwe uitvoerende burgermeester vir die Mangaung-metro

Die ANC-lede in die Mangaung-metroraad is glo verdeel in twee kampe oor wie die nuwe uitvoerende burgemeester vir die metro in die plek van die uitgeskopte Olly Mlamleli moet wees.

Netwerk24 berig een kamp wil vir Mxolisi Siyonzana, die speaker, as kandidaat hê en die ander kamp wil vir Patrick Monyakoane, die burgemeesterskomiteelid vir vervoer en veiligheid, hê.

Dit kan daartoe lei dat die groep wie se keuse nié as ANC-kandidaat staan nie, saam met die opposisie vir ’n opposisiekandidaat kan stem.

Luister na potgooie hieronder