Die ANC Jeugliga hou ‘n optog buite die landdroshof in Groblersdal in Limpopo, waar die eienaar en bestuurder van ‘n veiligheidsmaatskappy om borgtog aansoek doen.

Rosestad-nuus het vroeër berig Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, word daarvan beskuldig dat hulle ‘n veiligheidswag wat vir hulle gewerk het, Veneruru Kavari aangerand en ‘n hond op hom losgelaat het.

Die staat staan die borgtogaansoek teen. Die landdros het aangedui dat hy na beeldmateriaal van die beweerde voorval wil kyk voordat hy ‘n beslissing maak. Die ANC Jeugliga sê die doel van die optog is om protes aan te teken teen ‘n groep wat verlede maand met die ou Transvaalse vlag buite die hof byeengekom het om die beskuldigdes te steun.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×