Drie ANC-lede in die Mangaung Metro het dokumente in die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien. Hulle wil die party se tussentydse provinsiale komitee dwing om algemene takvergaderings te reël sodat nuwe leierskap in die provinsie verkies kan word. Ditaba Mokhutle, Betty Cezula en Thabiso Selieane beweer in die hofstukke dat die komitee sy mandaat oorskry het deur nie betyds te verseker dat nuwe leierskap verkies word nie. Die komitee se termyn is vroeër van nege maande na ‘n jaar verleng.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×