Die DA het gesê die ANC is nou wetlik verplig om sy kader ontplooiingsrekords vry te stel.

Dit kom nadat die hooggeregshof in Johannesburg die ANC se poging om ‘n vroeëre uitspraak te appelleer, van die hand gewys het.

Dit beveel nou die party om sy kader ontplooiingsrekords vanaf 2013 vry te stel.

Die DA poog om kader ontplooiing deur die howe ongrondwetlik te laat verklaar.

DA leier, John Steenhuisen, het gister gesê die ANC het vyf dae om alle rekords bekend te maak.

Kader ontplooiing is die oorsaak van staatskaping en korrupsie, het hy gesê.

Beurtkrag en die polisiediens wat die inwoners van die land gefaal het, kan direk toegeskryf word aan kader ontplooiing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×