Die ANC het oudpresident Jacob Zuma vir ‘n dissiplinêre verhoor na Luthuli huis ontbied. Die ANC se Nasionale Dissiplinêre Komitee het gister aangekondig dat Zuma volgende week Dinsdag voor die tugkomitee moet verskyn.
Zuma word op twee aanklagte aangekla. Hy word daarvan beskuldig dat hy die ANC-grondwet oortree het toe hy die MK-party in die openbaar onderskryf het en toe hy op die kandidatelys vir die party verskyn het. Nhlamulo Ndhlela, die MK-party se woordvoerder, het aan Newzroom Africa gesê partylede sal Zuma vergesel om te verseker hy word beskerm. Hy het gesê die MK-party kan nie die ANC vertrou nie.