Die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, wat Dinsdagmiddag in die parlement goedgekeur en nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys is, is volgens die minister van gesondheid, Dr Joe Phaahla, een van die mees revolusionêre wetgewings sedert 1994. Intussen het Solidariteit begin voorberei vir ‘n groot hofsaak teen die NGV terwyl private hospitale en mediese fondse gesê het hulle sal voortgaan om vir beter opsies te baklei. Die regering se planne om gesondheidsorg te kaap, is onbekostigbaar en onmoontlik om in werking te stel. Dit gaan ook lei daartoe dat gesondheidspraktisyns hulle tasse pak en oorsee gaan werk. Solidariteit het gesê die regering het reeds met openbare gesondheidsorg misluk en wil nou op ‘n nog groter skaal misluk.