Die ANC in die Oos-Kaap sê die nuutgestigte Umkhonto Wesizwe is desperaat.

Die nuwe party het planne aangekondig om in die provinsie veldtogte te voer.

’n Saamtrek wat later vandeesmaand beplan is, is uitgestel.

ANC-leier in die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, sê dit is nie die eerste keer dat hulle desperate skuiwe van oudpresident Jacob Zuma sien nie.

Zuma beywer hom vir die nuwe party en het gesê hy sal in die komende verkiesings daarvoor stem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×