Die ANC se onwrikbare steun aan Palestyne, blyk gewortel te wees in die woorde van wyle oud-president, Nelson Mandela.
Volgens hom sou Suid-Afrika se vryheid van ‘n wit-minderheidsonderdrukking, feitlik niks werd wees, sonder die vryheid van Palestyne nie.
Ses-en-twintig jaar later, het president Ramaphosa nou wéér die ANC se volle steun aan Palestyne toegesê.
Ramaphosa glo die Palestynse geskiedenis stem ooreen met Suid-Afrika se jare lange apartheidstryd.
BBC News het uitgewys hoewel Suid-Afrika se president Hamas se aanval op Israel vveroordeel het, was Ramaphosa slegs ‘n week later die voorbok, toe 60 partyleiers Paletsynse vlae in die openbaar geswaai het.
Kompleet uitgerus in die tradisionele geruite swart en wit Palestynse serp (keffiyeh).