Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party sal nie toelaat dat openbare bates geprivatiseer word nie. Mbalula het Woensdag in Rustenburg in Noordwes die vakbond Satawu se Nasionale Beleidskonferensie toegespreek.
Volgens Mbalula val mense voortdurend die ANC aan omdat hulle wil hê dat openbare bates geprivatiseer moet word. Hy sê hierdie mense vergelyk Suid-Afrika met eerstewêreldland-standaarde, terwyl dit eintlik ’n derdewêreldland is.