Net soos in aanloop tot die vorige verkiesing, sê die ANC-regering weereens hy is ernstig daaroor om jeugwerkloosheid hok te slaan. Aldus president Cyril Ramaphosa is die
hoë werkloosheidsyfer die mees kritieke kwessie waarmee Suid-Afrika te kampe het. Hy beloof dat die regering oor die volgende vyf jaar verskeie dinge sal doen om werk te skep.
Volgens hom behoort SA se jongmense vaardighede aan te leer om die leemtes te vul wat noodsaaklik vir ekonomiese vooruitgang is.
Aan die hand van sy 2019-verkiesingsmanifes het die ANC beloof om elke jaar 275 000 nuwe werksgeleenthede te skep. Hy sou dit bewerkstellig deur meer te belê in mynbou, in vervaardiging en ook in die landbousektor. Sy strategie het ook die uitbreiding van uitvoermarkte behels.