Die ANC ontken dat hy Zanu-PF, die regerende party in Zimbabwe, genooi het om waarnemers by vanjaar se verkiesing te wees. Verskeie opposisiepartye het reeds hul ontevredenheid uitgespreek oor Zanu-PF se teenwoordigheid met die verkiesing.
Netwerk 24 berig van die partye soos die DA, Rize Mzanzi, Bosa en die ATM, het beweer indien Zanu-PF waarnemer-status kry, dit die geloofwaardigheid van die verkiesing in gedrang bring omdat dié party berug is daarvoor dat hy verkiesings in Zimbabwe beknoei. Die DA wou selfs ‘n klag by die OVK indien.
Nomvula Mokonyane, eerste adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het in ‘n verklaring gesê Zanu-PF word nie as waarnemers genooi nie maar dit is ‘n lang gevestigde tradisie om bevrydingsbewegings oor Afrika as gaste te nooi vir verkiesings.