ANC-sekretaris-generaal en voormalige premier van die Vrystaat vrygespreek

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het die ANC-sekretaris-generaal en voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, vrygespreek ná ‘n klag deur ‘n lid van die provinsiale wetgewer.

Roy Jankielsohn het beweer Magashule het die wetgewer mislei.

Mkhwebane beskou die bewering as ongegrond.

Die voormalige minister van Energie, Tina Joemat-Pettersson, is ook uit die verknorsing.

Mkhwebane het beskuldigings verwerp dat Joemat-Pettersson van die land se strategiese brandstofreserwes verkoop het.

Luister na potgooie hieronder