Tensy iets drasties gaan gebeur, kan die ANC hom moontlik vanjaar regmaak vir ‘n vernederende nederlaag by die stembus. Dit, volgens ‘n peiling wat deur die Universiteit van die Witwatersrand gedoen is. Maroela Media berig die peiling toon ‘n drastiese afname in steun vir die ANC. Indien die opname akkuraat is, kan die ANC ‘n skamele 42% van die stemme vanjaar op hom verenig. Die DA en die EFF gaan egter nie veel beter doen nie, met onderskeidelik 19% en 13% van die stemme. Die res van die stemme word onder kleiner partye verdeel. Meer as 90 nuwe partye is onlangs geregistreer. Die peiling is namens ‘n nuwe politieke party, Change starts Now, onder 9-duisend geregistreerde kiesers reg deur die land gedoen. Die datum vir die nasionale verkiesing is nog nie aangekondig nie, maar dit kan dalk op 22 Mei plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×