Die ANC se studiegroep oor basiese onderwys in die parlement eis dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, bekend as die Bela-wet, onmiddellik in werking gestel word.
Hulle eis ook dat dit die twee artikels, wat deur Cyril Ramaphosa vir eers terugverwys is, moet insluit.
Die oproep volg nadat sowat tienduisend mense van meer as 40 organisasies Dinsdag in Pretoria opgeruk het om teen die wet te betoog.
LEES MEER: Meer as 40 organisasies hou optog teen Bela-wet
Volgens die studiegroep is die aantygings dat die wet inbraak op moedertaalonderrig maak op disinformasie gebaseer, en moedig die wet eerder skole aan om meer tale te akkommodeer.
1 Comment
Comments are closed.