Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, moedig die regerende party se vrywilligers aan om stemme te help werf.
Sedert demokrasiewording staar die ANC vanjaar bepaald sy strafste verkiesingstryd in die gesig. Talle peilings wys dat groot getalle kiesers – wat in die verlede vir die ANC gestem het – skynbaar van voorneme is om nie vanjaar kruisies vir die regerende party te trek nie.
Mbalula sê die ANC erken sy foute, en vra ondersteuners om saam te werk ten einde stemme vir die party te werf.