Die ANC het die aansoek oor die MK-handelsnaam en logo teen oudpresident Jacob Zuma se Umkhonto weSizwe-party verloor.
Die hooggeregshof in Durban het vandag die aansoek met koste van die hand gewys, in ‘n kort uitspraak, wat minder as 30 sekondes geduur het.
Netwerk berig die ANC voer aan dat hy die regte tot die handelsnaam besit. Voorts voel hy die MK-party sal met die gebruik hiervan onregverdig voordeel trek, indien hy hierdie simbole in sy verkiesingsveldtog gebruik.