Die ANC het die Onafhanklike Verkiesingkomissie, of OVK, gevra om die registrasie van die nuwe uMkhonto Wesizwe-party om te keer. Terselfdertyd het die ANC die MK-party hof toe geneem oor ‘n handelsmerkgeskil. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê die OVK het voorleggings oor die aangeleentheid gemaak.

Mamabolo verwerp bewerings van vooroordeel van politieke partye. Oudpresident Jacob Zuma, wat hom vir die MK-party beywer, het die OVK daarvan beskuldig dat hy die ANC bevoordeel.

INTUSSEN, is dit Saterdag en Sondag die laaste geleentheid voor die verkiesing vir voornemende kiesers om te registreer of diegene wat reeds geregistreer is, hulle inligting na te gaan by die verskillende registrasie lokale.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×