Endemiese korrupsie binne die ANC is een van die redes waarom dr Mavuso Msimang, adjunk-pres van die party se veteraneliga, na meer as 60-jaar uit die party bedank het. In Msimang se bedankingsbrief, waarin hy Woensdag ook sy lidmaatskap beëindig het, klim hy in onder die nasionale komitee se laksheid om korrupsie binne die regering ernstig aan te spreek. Msimang het gesê endemiese korrupsie het verwoestende gevolge vir die lewens van arm mense. Hy het gesê na drie dekades is korrupsie nou deel van die ANC se DNS. Hy het bygevoeg die ANC gee net voor om ‘n beter lewe vir almal te skep. ANC leiers leef in weelde terwyl baie Suid-Afrikaners se kinders steeds in puttoilette ‘n vernederende dood sterf. Msimang meen die ANC is op die randjie om sy mag te verloor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×