Die ANC wat op koalisieregerings staatmaak om veral aan politieke mag vas te klou, dui daarop dat die party nie meer vol vertroue is om toekomstige verkiesings te wen nie.

Netwerk24 berig ANC-veterane het die naweek in Johannesburg hulle kommer hieroor laat hoor, by ‘n lekgotla van die nasionale en provinsiale taakspanne wat die ANC veterane-liga lei.

Die nasionale taakspan lei tans die veteraneliga nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee in November die liga ontbind het.

Doktor Snuki Zikalala, sameroeper van die nasionale taakspan van die veterane-liga, het gesê die lekgotla het die probleme van wanfunksionele munisipaliteite bespreek sowel as politieke onstabiliteit wat in sommige metro’s voorkom.

Die veterane is bekommerd oor koalisies wat gevorm word sonder die nakoming van beginsels of die dringendheid daarvan om dienste te lewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×