Die ANC se nasionale uitvoerende komitee wil oudpresident Jacob Zuma, hangende ‘n ondersoek, van sy ANC-lidmaatskap onthef.
Bronne in die binnekringe, het anoniem aan News24 gesê, die komitee het besluit om Zuma nie te skors nie, aangesien dit ‘n langer dissiplinêre proses verg.
Hulle is ook van mening dat Zuma waarskynlik sou weier om enige dissiplinêre verhore by te woon. Indien die komitee met sy stap om Zuma te onthef voortgaan, sal die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, ‘n brief aan Zuma rig.
Hierin sal daar vir redes gevra word waarom die party nié met verdere stappe teen Zuma voort behoort te gaan nie.