‘n Beskuldigde is in die Bloemfonteinse streekhof gevonnis op ‘n aanklag van bloedskande.

‘n Maatskaplike werker het ‘n saak van bloedskande teen die beskuldigde, die broer van die verstandelik gestremde slagoffer, aanhangig gemaak.

‘n Polisieverklaring bevestig die slagoffer het twee kinders by die beskuldigde en hulle almal woon saam by hul ouerhuis in Rocklands in Bloemfontein.

Die beskuldigde is gevonnis tot 60 maande gevangenisstraf, met ‘n verdere 10 jaar wat vir vyf jaar opgeskort is op sekere voorwaardes.

Tydens vonnisoplegging het die hof in ag geneem dat die beskuldigde reeds in 2019 aan dieselfde misdaad skuldig bevind is en tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis is, wat destyds opgeskort is tot vyf jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×