Na twee jaar as hoof van Eskom, het Andre de Ruyter bedank by Eskom. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie het de Ruyter en ander Eskom bestuurders onlangs daarvan beskuldig dat hulle die staat ondermyn deur beurtkrag nie op te los nie. Netwerk 24 berig dat De Ruyter nog so onlangs as verlede Donderdag nie bereid was om te se of hy gaan bedank nie.