Nege netbalbane is by Hoërskool Fichardtpark verbeter. Die nuut oorgedoende bane word nou na ’n oudleerling en Protea-netbalspeler, Ané Retief, vernoem.

Netwerk24 berig dat die Protea-speler en netbalafrigter by Fichardtpark, Karla Pretorius, verduidelik dat nuwe plaveisel aangelê is en die klubhuis is opgeknap. Die paviljoene by die bane is ook verbeter.

Die bane word na Retief vernoem omdat sy haar hoërskoolloopbaan by Fichardtpark van 2012 tot 2016 voltooi het. In 2016 is sy as hoofmeisie verkies, waarna sy vir twee jaar as netbalafrigter by die skool gewerk het voordat sy vir die Vrystaat Crinums begin speel het.

Sy is verlede jaar tot die Protea-span verkies.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×