Die mynmaatskappy AngloGold Ashanti sal Suid-Afrika ‘n uitgangbelasting van meer as vier miljard rand betaal nadat sy primêre notering na die New Yorkse aandelebeurs verskuif het. Die maatskappy sê die finale bedrag sal afhang van die wisselkoers op die betaaldag. Die maatskappy het reeds einde September sy eerste dag op die New Yorkse Aandelebeurs verhandel nadat sy primêre notering na die beurs verskuif is. Die maatskappy  is meer as 100 jaar gelede deur die Oppenheimer-familie gestig. Die uitgangsbelasting sal die laaste noemenswaardige bedrag wees wat die maatskappy aan die Suid-Afrikaanse regering sal betaal. AngloGold Ashanti se hoofkantoor is nou in Denver, Colorado. Dié goudmynmaatskappy is die vierde grootste produsent ter wêreld met myne in Ghana, die VSA en Argentinië. Die uitvoerdende hoof van die maatskappy, Alberto Calderon, het gesê die skuif gee hulle toegang tot die wêreld se grootste poel kapitaal vir goudmyne. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×