Aanklagte teen een, van die vier beskuldigdes in die Joslin Smith-saak, is vroeër vandag teruggetrek.
Joslin se ma, Kelly Smith, haar vriend, Boeta Appollos en Stevano van Rhyn, wat skynbaar met die twee bevriend is, het vandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn om
vir borgtog aansoek te doen. Netwerk24 berig beskuldigde nommer vier, wie glo ‘n sangoma is, was ook in die hof, maar dat alle aanklagte teen hom is laat vaar.
Die oorblywende drie beskuldigdes, wat op aanklagte van ontvoering en mensehandel tereg staan, bly in polisie-aanhouding. Joslin is laas op 19 Februarie by haar ma se huis in Middelpos by Saldnhabaai gesien.
1 Comment
Comments are closed.