Suid-Afrika se nuwe rugbylied, net reg vir die afskop wanneer die Springbokke Sondagmiddag laat teen Skotland uitdraf, is laat vanmiddag bekendgestel. Die lied is deur die Springbokslot, Eben Etzebeth se sangeres vrou Anlia geskryf. “Saam Suid-Afrika” wil poog om weer die nasie saam te snoer soos met vorige Wêreldbeker-toernooie. Anlia sing die liedjie saam met Robbie Wessels, Karlien van Jaarsveld en Ruhan Du Toit. Die stêrbelaaide vier gaan die hartsnare behoorlik  roer met die woorde “Ons sing saam Suid-Afrika” by braaivleisvure en voor die televisie. Anlia het Vrydag aan Netwerk 24 gesê sy wou al ‘n liedjie vir die Bokke skryf maar die tyd was nou reg. Almal van verskillende kulture staan saam en leef die Wêreldbeker as een nasie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×