Phumlani Majozi, ‘n onafhanklike kommentator en ekonomiese ontleder het vandag tydens die Veelpartyhandves se byeenkoms in Gauteng gesê apartheid kan nie meer die skuld kry vir swak regering nie. Majozi, wat die byeenkoms in Ekurhuleni toegespreek het, het gesê dis ‘n skande dat iets anders blameer word as die regering misluk. Hy het verwys na die brand in Johannesburg se middestad op 31 Augustus vanjaar waartydens 70 mense dood is. Apartheid is in regeringskringe die skuld gegee. Majozi het gesê die Veelpartyhandves se gesprekke met burgerlike organisasies is baie belangrik want dit is demokrasie in aksie. Hy het voortgegaan en gesê alle partye en organisasies kan nie oor alles saamstem nie, maar dit gaan oor respek teenoor rmekaar en samewerking. Hy het beklemtoon dis belangrik om volgende jaar te gaan stem. Veral jongmense moet na die stembus gelok word om ‘n sê in die toekoms te hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×