Die NVG sê apartheidsera-sake van die Waarheid-en-versoeningskommissie wat nie opgevolg word nie, maak ‘n bespotting van reg en geregtigheid. Die WVK het destyds meer as 300 gevalle van beweerde apartheidsmisdaad na die NVG verwys. Bykans 29 jaar later, is daar skynbaar nog géén werk hiervan gemaak nie.

Ronald Lamola, minister van justisie en Grondwetlike ontwikkeling, sê hy oorweeg dit nou om ‘n kommissie van ondersoek in die lewe te roep, om die versuim aan te spreek. Die Waarheid-en-versoeningskommissie is in 1995 gestig, om getuienis aan te hoor wat met moontlike menseregteskening gedurende die apartheidsjare verband sou hou. Die kommissie moes ook help om versoening in die land te bewerkstellig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×