Die Departement van Gesondheid sê sewe apokke-gevalle is nou al aangeteken.

Die nuutste geval is ‘n 38-jarige man wat in die Wes-Kaap opgeneem is.

Hy is Donderdag in ’n private gesondheidsfasiliteit in Kaapstad opgeneem en het positief getoets vir apokke. Volgens die departement kom die pasiënt van Northcliff in Gauteng af.

Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle doen ‘n beroep op mense wat medikasie neem, vir enige gesondheidstoestand, om te voldoen aan behandeling volgens die leiding van die gesondheidsorgverskaffer.

Mohale sê dit is om te help om die risiko van ernstige gesondheidskomplikasies te verminder in geval die pasiënt apokke of ander siektes opdoen.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×