Oudpresident Jacob Zuma se probeerslag om teen die ongeldigverklaring van sy voorgenome private vervolging van Downer en Maughan te appelleer, is van die hand gewys.

Die appèlhof in Bloemfontein sê daar is geen redelike vooruitsig op sukses met die 81-jarige Zuma se voorgenome vervolging van die Media24-joernalis, Karyn Maughan en
staatsadvokaat Billy Downer, nie.

Luidens Netwerk24 beskuldig Zuma vir Downer daarvan dat hy mediese inligting aan Maughan vir publikasie-doeleindes uitgelek het. As gevolg hiervan, vra Zuma dat Downer hom onttrek as aanklaer in die korrupsiesaak teen Zuma.

Die oudpresident staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog en korrupsie. Die Franse wapenvervaardiger Thales, word ook by die saak betrek. Die omstrede saak sloer reeds langer as twintig jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×