’n Skool in Botshabelo, net buite Bloemfontein, is deur die departement van arbeid gesluit weens hul versuim om aan Beroepsgesondheid- en Veiligheidsregulasies te voldoen.
IOL berig dit kom nadat bekommerde onderwysers, ouers en leerders vandeesweek ‘n betoging buite die Thato Sekondêre skoolperseel gehou het en kwessies soos plafonne wat inmekaar val en gevare kan inhou, uitgelig het. Volgens berigte is die skool sedert 2018 in ‘n haglike en vervalle toestand, maar geen stappe is gedoen om die probleme aan te spreek nie.
Die woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys het Dinsdag hul aanspreeklikheid vir die skool se toestand aanvaar en bevestig, en belowe om oplossings vir die kwessie te vind.
Hy het aan SABC-nuus gesê dat hulle in die lang termyn in die volgende twee tot drie maande belowe dat hulle ‘n kontrakteur sal aanstel wat genoeg klasse vir die skool sal kan bou.