Die DA sê om nou ʼn reddingsboei aan die sukkelende ArcelorMittal SA te gee, is net ʼn tydelike oplossing. Die party meen dit gaan niks help om die plaaslike staalbedryf kop bo water te laat hou nie.

Die regering het verlede week laat blyk hy oorweeg planne om die maatskappy te help sodat duisende mense nie hul werk verloor nie.

Daar was verlede week ook oproepe vanuit die motorvervaardigingsbedryf om die maatskappy te help. Die DA sê sou die regering besluit om deur middel van ʼn geldelike reddingsboei te help, hulle nie die besluit sal ondersteun nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×