Argentinië sal nie weer die All Blacks verras in Saterdag se toets nie, sê John Plumtree, hulpafrigter van Nieu-Seeland

Argentinië sal nie weer die All Blacks verras in Saterdag se toets nie, sê John Plumtree, hulpafrigter van Nieu-Seeland.
Netwerk24 berig die Poemas het die Kiwi’s en die hele rugbywêreld twee weke gelede geskok deur die All Blacks met 25-15 in Sydney te klop.
Dit was veral danksy hul uitstekende verdediging. Nieu-Seeland het die vorige week met 22-24 teen Australië verloor.
Verloor die All Blacks Saterdag in Newcastle, Australië, ’n derde opeenvolgende wedstryd, sal dit die eerste keer sedert 1998 wees.
Toe het hulle vyf in ’n ry verloor.
Volgens Plumtree weet Nieu-Seeland wat die Argentyne se strategie is en sal hulle nie weer aan die slaap gevang word nie.

Luister na potgooie hieronder